Hard newsNews

Hoogswanger vrou sterf in ongeluk

De Pradines is uit die voertuig geslinger en het onder 'n versperring aan die anderkant van die pad beland

MBOMBELA – ‘n Vrou (21) wat sowat agt maande swanger was, is gisteraand dood nadat sy in ‘n ongeluk op die N4 was.

Me. Kara de Pradines is omstreeks 21:00 by Mediclinic Nelspruit dood verklaar nadat sy net na 17:00 in die ongeluk was.

Dit het sowat ‘n kilometer vanaf haar huis op Alkmaar gebeur. Volgens mnr. Willem Swart van Van Wettens, was de Pradines soontoe oppad vanaf Mbombela. Haar voertuig het naby Montana Kwekery oor die middelman van die pad geswenk waarna sy beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.

Lees ook: Vrou sterf in ongeluk op pad huis toe van Innibos af

De Pradines is uit die voertuig geslinger en het onder ‘n versperring aan die anderkant van die pad beland. Paramedici is na die toneel en ‘n ambulans van Netcare 911 het haar na die hospitaal gebring.

Sy het veelvuldige beserings opgedoen. Sy was verloof aan mnr. Jaco Sevenster. Hulle seuntjie sou na verwagting in April gebore word.

Mnr. Jaco Sevenster en me. Kara de Pradines.
Mnr. Jaco Sevenster en me. Kara de Pradines.

De Pradines was ‘n hulponderwyseres by Laerskool Nelspruit. Die skool het die volgende op sy facebook-blad geplaas: “ons dink graag in ons gebede aan die familie en vriende van Kara de Pradines. Ons dra vir Jaco, Henry, Christelle en gesin op aan ons Here Jesus. Rus sag juffrou Kara en klein Dawid.”

Verskeie boodskappe van medelye is ook op de Pradines se facebook-blad geplaas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button