FeaturesInterhigh 2016: NewsLifestyleSchool sportSport

Rekords waai tydens die Vlammies-interhuisatletiek

Hoërskool Bergvlam se Njabulo Temilton (o/15) het Dinsdag tydens die skool se interhuis-atletiekbyeenkoms 'n rekord van 31 jaar in die verspringpunt gebreek.

Die rekord, wat in 1986 opgestel was, sal nou doodgekrap word met Temilton se nuwe afstand van
5,94 meter.

‘n Verdere vier nuwe rekords is op die dag opgestel, drie daarvan in die verspringput.

Die naam van die atleet op almal se lippe, Maudas Banda het ‘n 1992-rekord in die verspringput van 6,39 meter verbeter toe hy die maatband op 6,69 meter laat lees het. Dit was egter nie Banda se persoonlike beste afstand nie. Gedurende verlede jaar se Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskappe het hy ‘n 7,37 meter gespring.

Brandon Payne, seuns o/17, het ‘n nuwe tyd in die 200-meter van 23,23 sekondes gehardloop. Die rekord is vir die eerste keer sedert 2007 verbeter in 23,67 sekondes.

Die 90-meterhekkiesrekord van 2015 se 19,93 sekondes is Dinsdag deur Anuscha Davis (o/14) in ‘n blitsvinnige tyd van 18 sekondes kafgedraf. Lunga Ngwenyama (o/15) het .7 meter verder gespring as die 5,31 meter wat óók verlede jaar aangeteken is.

Die rooispan het vanjaar die geesbeker met 15 punte teenoor die blouspan verower.

Die bogenoemde atlete sal beslis aanspraakmakers op die baan wees, veral met die oog op die Interhoër wat op 20 Februarie in Lydenburg plaasvind.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button