AnimalsGalleriesHard newsLocal newsNewsNews

Spesiale eekhoring terug op die been

"Die tweede grootste uitdaging was om vir James ná die tyd vir lank genoeg stil te hou sodat hy homself nie sou beseer nie en sodat die been kon genees."

MBOMBELA – James was ‘n onlangse unieke pasiëntjie van Van Wijkstraat- dierehospitaal wat sy lewe en beweeglikheid te danke het aan twee veeartse se fyn handewerk.

Dié eekhorinkie is só gedoop deur drs. Jaco Coetzee en Christo Nortjé wat op hom geopereer het. Sy eienaars het sowat twee maande gelede opgemerk dat die diertjie nie op sy linkeragterpoot kon trap nie en het hom na die hospitaal gebring. X-strale het gewys dat hy ‘n gebreekte femur opgedoen het.

James net voor die operasie.
James net voor die operasie.

“Alhoewel die beentjie kleiner en fyner as ‘n vuurhoutjie was, was die prosedure om ‘n pen in die been te plaas, vinnig en het verbasend goed gegaan,” het Nortjé, vertel.

X-strale wys hoe die been gebreek het.
X-strale wys hoe die been gebreek het.

“Die been het ‘mooi’ gebreek en het nie te veel versplinter nie. Dit was nie te moeilik om die pen in te sit en die twee dele aanmekaar vas te heg nie,” het Nortjé gesê.

“Die hele operasie, wat die narkose, X-strale en toewerk van die wond ingesluit het, het 45 minute geduur.”

X-strale wys hoe die been gebreek het.
X-strale wys hoe die been gebreek het.

Nortjé het vir Coetzee tydens die delikate operasie bygestaan.

Hulle vermoed die been het gebreek toe ‘n klein hondjie vir James beet gekry het. “Die grootste uitdaging was om die vlak van narkose presies reg te kry. As die vlak te hoog was, kon die diertjie doodgaan, maar as dit te laag was, sou hy in die middel van die operasie wakker geword het.”

James ontvang narkose.
James ontvang narkose.

.

Baie voëls word by dié hospitaal opgeneem en hulle besit die regte operasie- en narkotiseringsgereedskap om sulke fyn werk te kon doen.

Veeartse berei die beentjie vir die operasie voor.
Veeartse berei die beentjie vir die operasie voor.

“Die tweede grootste uitdaging was om vir James ná die tyd vir lank genoeg stil te hou sodat hy homself nie sou beseer nie en sodat die been kon genees.”

X-strale wys die been is genees en die pen kan maar uitgehaal word.
X-strale wys die been is genees en die pen kan maar uitgehaal word.
X-strale wys die been is genees en die pen kan maar uitgehaal word.
X-strale wys die been is genees en die pen kan maar uitgehaal word.

Toe klein James, wat nog nie ‘n jaar oud is nie, uit die operasiesaal gewiel is, is hy met ‘n drupsakkie warm gehou. Die narkose het begin uitwerk en die knaagdiertjie wou net rondloop en speel. Die veeartse het hom toe maar in ‘n draagtas van 30×30-sentimeter gehou sodat hy nie te veel kon beweeg nie. Hy moes twee weke hier deurgebring het voordat sy beweegruimte vergroot is.

Ná die operasie moes James met 'n drupsakkie vol water, warm gehou word.
Ná die operasie moes James met ‘n drupsakkie vol water, warm gehou word.

Die pennetjie is uiteindelik Dinsdag tydens ‘n vinnige prosedure verwyder en James is weer sy ou rats, beweeglike self. “Ons is almal baie verbaas hoe goed alles afgeloop het en hoe mooi die been genees het,” het Nortjé gesê.

James was deur die blare, maar baie gelukkig ná sy operasie.
James was deur die blare, maar baie gelukkig ná
sy operasie.

Hy is die volgende dag uit die “hospitaal” ontslaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button