Local newsMunicipalNewsNews

Eiendomsbelasting met tot 2 000 persent verhoog

Volgens AfriForum se bestuurder van gemeenskapstrukture, mnr. Tiaan Esterhuizen, is van hul lede in Belfast, Machadodorp en Dullstroom se eiendomsbelasting met tot 2 000 persent verhoog.

EMAKHAZENI – “Gemeenskappe steier omdat plaaslike regerings nalatig is.” Dit is AfriForum se gevolgtrekking nadat dit onlangs onthul het dat die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit nie by magte is om eiendomsbelasting vir 2014/15 te kan hef óf in te vorder nie omdat hulle nie oor ‘n geldige waarderingslys vir eiendom beskik nie.

Volgens mnr. Delon Duvenage, voorsitter van die AfriForum Machadodorptak, is die bedrag wat tans gehef word, onwettig en sal die nuwe lys eers op 1 Julie in werking tree. Duvenage het gesê dat die lid van die uitvoerende komitee (LUK) wat vir plaaslike bestuur verantwoordelik is, egter by magte is om ‘n hooggeregshof-aansoek te bring om die waarderingslys vir 2014 met 12 maande te verleng.

Duvenage het bygevoeg dat die waardasielys egter nie gefinaliseer is nie, maar wel verhogings met buitensporige eiendomswaardes in werking gestel is. Die raad het glo verhogings goedgekeur wat hoër is as wat Nasionale Tesourie voorskryf.

Volgens AfriForum se bestuurder van gemeenskapstrukture, mnr. Tiaan Esterhuizen, is van hul lede in Belfast, Machadodorp en Dullstroom se eiendomsbelasting met tot 2 000 persent verhoog.

AfriForum het Woensdag egter aan Laevelder gesê dat dat hulle nou die nodige regsstappe sal neem nadat geen reaksie van die LUK ontvang is nadat dié op terme geplaas is om dringend op te tree nie. “Ons het geen reaksie gekry nie en sal nou die nodige regsstappe neem,” het Esterhuizen gesê.

Laevelder het die munisipaliteit vir kommentaar gekontak, maar is na Cogta verwys wat onlangs ingegryp het om verhoed dat die vier dorpe onder die munispaliteit se bestuur nie ten gronde gaan nie.

Cogta was egter ook nie vir kommentaar beskikbaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button