Hard newsNewsNewsUpdate

ANC hef beplande Innibos-boikot op

Ons het al die ANC se vrese uit die weg geruim en hulle het aangedui dat hulle ons sal ondersteun

MBOMBELA – Die ANC en Innibos het die strydbyl begrawe na samesprekings vroeër die week. Die politieke party het aangedui dat dit nie meer die kunstefees wil boikot nie en dat dit selfs die departement van kuns en kultuur sal vra om die fees te ondersteun.

Die ANC het vroeér die maand op ‘n mediakonferensie, kort na sy provinsiale Lekgotla, gevra dat die regering op munisipale en provinsiale vlak die fees boikot omdat dit, volgens hulle, ‘n rassistiese ondertoon het en “rassehaat in Suid-Afrika en Mpumalanga aanwakker”.

Dit volg nadat Steve Hofmeyr Die Stem tydens verlede jaar se fees gesing het. Innibos se direksie was uit die veld geslaan met die ANC se beplande boikot en het ‘n dringende vergadering geroep, wat Dinsdag gehou is.

Lees ook: ANC vra dat regering Innibos boikot

“Ons het al die ANC se vrese uit die weg geruim en hulle het aangedui dat hulle ons sal ondersteun. Die ANC gaan later ‘n meer volledige verklaring hieroor uitreik,” het me. Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, vanmiddag by navraag gesê.

 

 

Back to top button