Help ons bejaardes se wense die Kersfees bewaarheid

Liewe vriende, ek vertrou dat u nog in goeie gesondheid verkeer.

Dis ongelooflik hoe tyd vlieg – dit is al weer Wenslys vir Bejaardes vir die 11de jaar.
Ek wil graag weer al ons skenkers van 2012 van harte bedank vir u samewerking en bydraes. My wens is om weer vir elkeen van die selfsorgbejaardes ‘n R300-geskenkbewys te gee.
Hulle geniet dit terdeë om hul goedjies self te gaan koop. Ons sal poog om weer die wense van die verswakte bejaardes van Belfast-tehuis te volbring, aangesien hulle nie in die vermoë is om self aan hul benodigdhede te voorsien nie.

Dit sal oneindig baie waardeer word as daar weer groter instansies is wat as borge instaan, en die aflewering ook sal doen, dan kan u ook in hul vreugde deel.
Geskenkbewyse is verkrygbaar vanaf Pick n Pay, SPAR, Checkers, Shoprite, Clicks of Game. U is meer as welkom om ons te vergesel wanneer ons die aflewerings gaan doen. Vir donasies kan u my e-pos vir die bankbesonderhede. Navrae: 013-744-1298 of amg4care@xsinet.co.za

Back to top button