Skud vere reg vir Warmfees

Die Mopani-streek kan hul vere regskud vir ‘n groot Warmfees saam Martin Bester en sy orkes, Zoé Jacobs, ‘n oud-Vossie, en die Round Table 96 by Laerskool Tzaneen op 13 Julie.

“Die Warmfees word in samewerking met Martin Bester en Round Table Suid-Afrika aangebied in verskeie dorpe regoor die land,” sê Henk van Wyngaardt van die Round Table 96. “Dit is onder ons aandag gebring dat ‘n jong man in ons gemeenskap, Ruan Weideman, hulp benodig. “Ons het saamgespan om tydens die Warmfees by Laerskool Tzaneen vir Ruan geld in te samel. Ons samel ook niebederfbare kos en komberse in om die winter ‘n verskil te maak,” sê Van Wyngaardt.

Dié fees sal kindervermaak en stalletjies aanbied en die toets tussen die Iere en die Springbokke sal om 17:00 op ‘n grootskerm uitgesaai word. ‘n Raakrugbytoernooi (touchies) sal ten bate van Ruan Weidemann aangebied word. Inskrywings kos R1000 per span en daar is slegs plek vir 16 spanne in die toernooi. Elke span het sewe spelers wat twee plaasvervangers insluit. Die minimum ouderdom vir spelers is 14 jaar. Die wenners sal ‘n R3000- kontantprys ontvang en wedstryde skop om 11:00 af.

Lees ook: R50 000 donation to HALO after radio show feature

Ruan is ‘n 17-jarige seun van Tzaneen wat rekonstruktiewe chirurgie en nasorg benodig na ‘n lewensgevaarlike gewas onlangs op sy kakebeen verwyder is. Die gemeenskap het reeds R360 000 ingesamel wat die chirurgie om die gewas te verwyder moontlik gemaak het. Die raakrugbytoernooi se prysuitdeling sal om 14:30 plaasvind saam met ‘n liefdadigheidsveiling. Martin Bester en sy orkes sal om 16:00 optree en Zoé en haar orkes tree op na afloop van die Springboktoets om 19:00.

Daar sal ook ‘n geleentheid wees vir besighede op Tzaneen om hulself te bemark met ‘n stalletjie by die Warmfees. Sakeondernemings wat betrokke raak en die geleentheid met ‘n borgskap ondersteun sal ook bemarking op Round Table 96, en Martin Bester en Jacaranda FM se sosialemediaplatforms geniet. Ingangskostes is ‘n kontantskenking, niebederfbare kos of ‘n warm kombers by die hek. Skakel Martin van der Schyff by 083 453 9892 of Henk van Wyngaardt by 076 983 9017 of stuur ‘n e-pos na RT96tzn@gm

Exit mobile version