Agro-ekoloog passievol oor organiese verbouing

Dr. Anri Manderson, bestuurder van die agro-ekologieprogram by die Hoedspruit Hub is passievol oor volhoubare boerdery en die opheffing van arm gemeenskappe deur beter bestaanstrategieë aan te leer.

Dit word deur die Hoedspruit Hub, wat opleiding en ondersteuning aan landelike gemeenskappe en boerderye bied, gefasiliteer en deur Manderson en die span by dié koöperasie gedryf.

Die Hoedspruit Hub is in Desember 2016 op die been gebring deur die Landman Groep, Bavaria Vrugtelandgoed en Blydevallei Boerdery met die ondersteuning van die Industriële Ontwikkelskorporasie van Suid-Afrika, die Flanders State of the Art en die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit GmbH (ook genoem die GIZ’s Employment for Development (E4D)).

“Ons is tans in die vierde jaar van ‘n vyf jaar projek in the Kruger2Canyon biosfeer en het ongeveer 200 boere, waarvan omtrent ‘n honderd aktief is wat werkers na die hub stuur vir opleiding,” vertel Manderson. Dié projek se doel is om mense te leer om saam met die natuur te werk en te boer op ‘n volhoubare wyse en ook om plaaswerkers die nodige werksopleiding te gee.

“Ons gebruik die term ‘conservation compatible agriculture’, die hub is dan die koördineerders van die opleiding en ons ondersteun NRO’s in die omgewing waar daar tans ses tuine by skole is om voedingskemas aan te vul. Hoërskoolleerders gebruik ook die tuine om hulle praktiese te doen vir landbouvakke,” verduidelik sy.

Daar is ook vier tuine in Letsitele wat plaaslike gemeenskappe in samewerking met die Kaross Foundation ondersteun. In 2019 het Manderson ook self ‘n organiese boerderyprojek aangepak waar sy en hoofsaaklik jong vroue van die Moletele-gemeenskap roosmalva, wildebasiliekruid, koorsbossie en wilde-als organies verbou in die Oaksen Acornhoekomgewing.

Also read: Farming runs in Mabunda family’s blood

Jong vroue word opgehef deur deel word van ‘n opleidingsprogram wat hulle leer hoe om dié kruie te groei en te bemark. Sy vertel dat daar verskeie uitdagings in die essensiële olie nismark is. “Ons insetkoste het byna verdubbel sedert ons begin het met die projek en dit is ‘n klein en geslote mark waarin ons werk,” vertel sy. S

y voeg ook by dat mense in die bedryf nie graag inligting deel nie en dat daar baie foutiewe inligting daar buite is. “Dit verg navorsing om essensiële olies winsgewend te produseer en dit bly ‘n uitdaging om met lande soos Madagaskar te kompeteer. “Die grond en klimaat in Madagaskar is eenvoudig beter vir roosmalva-produksie en die kostes hier is meer as dubbel om ‘n kilogram olie te produseer,” vertel sy.

Deur essensiële olies te maak word die vervoerkoste aansienlik verminder siende dat ‘n ton kruie omtrent 1-1.5kg olie maak en die olie het dan ook ‘n drie jaar raklewe wat meer tyd beskikbaar stel om dié organiese produkte te verkoop. “Die vroue kan dan ook roumateriaal verkoop aan maatskappye soos Like Mountains-distilleerdery waar ons dan essensiële olies van die kruie maak,” verduidelik sy.

Sy vertel dat die vroue dan ook deel in die winste deur middel van aandeelhouding in die maatskappy, Wilde Natural and Organic Oils, wat die olies bemark. Dié projek word deur die IDK en Flanders State of the Art ondersteun.

Exit mobile version