Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Helene kom Tzaneen inlig voor jy in die sop beland op sosiale media

Die Maandelikse etevergadering van die Tzaneense sakekamer op Vrydag, 19 Julie, moet beslis nie misgeloop word nie omdat die kollig gaan val op die voordele, maar, veral, ook die gevare van sosiale media.

Die Maandelikse etevergadering van die Tzaneense sakekamer op Vrydag, 19 Julie, moet beslis nie misgeloop word nie omdat die kollig gaan val op die voordele, maar, veral, ook die gevare van sosiale media.

Die ete, wat geborg word deur Letaba Herald en die Blue Dot Groep, vind by Hotel@Tzaneen plaas en begin om 12-uur.

Die gasspreker is Helene Eloff, wat tans besig is met haar meestersgraad in lasterreg in die digitale era.

Lees: Is SA media liable for reader comments on social media pages?

Sy is ‘n gekwalifiseerde prokureur maar het ‘n loopbaan in die joernalistiek verkies bo die regbank.

Sy was in 2014 die Caxton-groep se multimedia joernalis van die jaar en nadat sy ook gedien het as redakteur van die Nelspruit Post dien sy sedertdien as Nasionale Regsadviseur: Caxton & CTP Publishers, die naasgrootste koerant- en tydskrif uitgewers in die land met een van die grootste digitale netwerke in Afrika.

Lees: Spot fake news, stop fake news! Clicklaw tells you how

Sy hanteer daagliks sosiale media klagtes, Ombudsmanverhore, lastersake en ‘n rits ander aspekte wat met sosiale media te doen het. Haar weekliks regsrubriek, Clicklaw, is aanlyn beskikbaar. So deel sy haar kennis via Facebook – Social Media Law SA.

Geïnteresseerdes kan haar aanlyn volg: https://www.facebook.com/ socialmedialawsouthafrica/

Die tema vir haar aanbieding by die ete is: Sosiale Media: Maak of Breek Dit sluit verder aspekte in soos hoe sosiale media jou kan help om jou eie en jou besigheid se belange te bevorder.

Dieselfde hulpmiddel kan jou reputasie kelder. Hoe gebruik ek die hulpmiddels reg?

Voorts: Wat om nie te doen nie: Feitestelle in ‘n neutedop. Sosiale media en my korporatiewe identiteit – hoe maak ek die beste van sosiale media? Sosiale media en die siviele reg – wat sê ons howe? (Opsomming van sake oor sosiale media en die ekonomiese risiko inherent tot aanlyn wandade).

Sosiale media en die strafreg – wat sê ons howe? (Hoekom is Vicky Momberg tronk toe maar Malema nie?) Voor jy in die sop beland – ‘n checklist vir veilige sosiale media gebruik. Fokus: Laster, haatspraak, privaatheidskendings.

Besprekings is noodsaaklik en kan per epos gedoen word by admin@tzaneenchamber. gov.za of deur Diana te skakel op 083-280- 9723.

Related Articles

Back to top button