EntertainmentLifestyle

Tzaneen: Dit is weer Avofees tyd

Die 2019 Tzaneen Avofees word aangebied 5-7 Julie te Laerskool Tzaneen en gaan selfs groter en beter wees as in 2018.

Hierdie jaar gaan daar meer uitstallers en stalletjies wees in alle areas van die fees.

Landbou en verwante uitstallers sluit in Allesbeste/Maluma (as hoofborg), Afrupro, Novon, Pest Control Specialists, Saniplas, Kobus Minnaar Vervoer, Oceana en baie ander. Te eet en te drink gaan daar baie wees om aan te smul insluitend ‘n regte “Mexican Food Truck”, Craft Bier, Craft Gin, Biertuin, Avo tastings en selfs tradisionele disse soos “bunny chow”, “boereworsrolle”, “kerrieen-rys”, “pannekoek” en veel veel meer.

Saterdagaand 6 Julie is daar ‘n Meksikaansgeïnspireerde “barn dance” met regte Meksikaanse disse.

Kinders by die fees gaan besig gehou word deur Plaasjapie Laaities en Ladies and Monkeynastix se hindernisbaan, bak en brou en ander aktiwiteite.

Algemene uitstallers sluit in Fabric Magic Interieurs, Katy Kruger Handsakke, Ilse De Villiers Kuns, Clayink, ens. ens.

Terwyl mense die fees geniet gaan daar musiek gemaak word deur Gert Bos en daar gaan selfs ‘n daaglikse tydgleuf wees vir “open mic” plaaslike talent.

Bo-op dit alles is daar die Vrydag en Saterdag drie daaglikse shuttles vir ‘n toer van ‘n Avo pakhuis wat besig is om te pak vir die uitvoermark.

Die shuttle en toere is gratis en word aangebied deur Afrupro.

Om ‘n stalletjie te bespreek of vir navrae kontak avofees@gmail.com

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button