EntertainmentLifestyle

Dit is weer tyd vir die Letsitele Lemoenfees

Gaan en ontspan en geniet die talle nuwe uitstallings, met besondere artikels, motorvoertuig uitstallings, juwele, klere, opvoedkundige speelgoed en nog vele meer.

Dit sal plaasvind by Laerskool Dr Annecke op Saterdag, 26 Augustus van 8:00 – 14:00 Die toegang is gratis.

Gaan ondersteun die jongspan langs die mini-hokkie bane en wag die lang-asem landlopertjies in by die wenstreep met ‘n yskoue “slushpuppy” te koop by die snoepie.

Gaan en ontspan en geniet die talle nuwe uitstallings, met besondere artikels, motorvoertuig uitstallings, juwele, klere, opvoedkundige speelgoed en nog vele meer.

Jy gaan definitief ook nie die dag honger ly nie, met kosstalletjies soos hamburgers, chipstix, vetkoek, yankees en pannekoek.

Daar is ’n nuwe Moet-dit-Proe verrassing by die Yankees! Blikkie-rol, springkastele en ‘n groot glybaan gaan die kinders lekker besig hou terwyl jy kraakvars plaasgroente en vrugte, biltong, tuisgebak en die mooiste saailinge en plante kan koop om huis toe te neem.

Die komitee sien uit om jou by die Lemoenfees te sien! Uitstallers is welkom om met hulle inverbinding te tree. Navrae: 082 80 80 802 / nhklet@lantic.net

Related Articles

Back to top button