FeaturesLifestyle

#WomensDay2018: Zeiboon se talente is nie beperk nie

“Om Indiese geregte voorteberei is vir my soos om voor ‘n skoon skilderdoek te staan”

“GLO in wat goed en regverdig is vir jou medemens.”

Dit is die filosofie wat Zeiboon Moosa inspireer en wat gestalte vind in die ongelooflike disse wat uit die kombuis van hierdie merkwaardige vrou kom.

“Om Indiese geregte voorteberei is vir my soos om voor ‘n skoon skilderdoek te staan” vertel Zeiboon, “ek werk nie op vasgestelde hoeveelhede van die speserye nie, ek gooi in soos wat ek op daardie stadium gelei word om te doen.” Die boorling van Tonteldoos sowat 20 km buite Dullstroom in Mpumulanga, is die vierde kind van agt en het in Middelburg skool gegaan.

Op nege jarige ouderdom, op ‘n primusstofie het sy haar hand vir die eerste keer aan kosmaak geslaan. Indiese vetkoekies gevul met vleis was die eksperiment en haar pa was getaak om as beoordeelaar op te tree. Vandag 55 jaar later, het wat as ‘n stokperdjie begin het, verander in ‘n bevredigende beroep.

Of dit vir ‘n familie samekoms van 30 mense is of vir ‘n huweliksonthaal van 450 gaste, Zeiboon se wonderlike talent hanteer dit met grasie.

“Ek doen net nie nagereg nie, ek het self nie ‘n soettand nie” skerts Zeiboon.

Zeiboon se talent is nie beperk tot Indiese geregte nie.

“In die omgewing waar ek groot geword het, het die boere vrouens my onder hulle vlerke geneem en is ek as kind geleer om konfyt te kook, beskuit te bak en boerekos te maak”.

Sowat agt jaar gelede op die ouderdom van 56 jaar het Zeiboon ontdek dat sy ook oor die talent beskik om te kan skilder, en woon elke Maandag ‘n klas by wat by Merensky aangebied word.

Sy lees graag die Koran en kyk na dokumentêre programme op tv. “Ek is nie seker wat die toekoms vir die mense van Suid Afrika in hou nie, ek hou egter nie op met hoop en bid vir ‘n liefde en vrede onder mekaar nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button