Talle dodelik siek van varkgriep in Tzaneen

‘'n Uitbraak van varkgriep (H1N1-virus) het talle inwoners uiters siek tot kritiek en medici waarsku persone om bedag te wees.

Jacques du Toit, eienaar van Bosveld Smeermiddels is in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die Unitas hospitaal in Pretoria opgeneem.

Du Toit is Saterdag, 30 Junie opgeneem in die MediClinic Tzaneen en is die Woensdag oorgeplaas na Unitas Hospitaal.

‘My pa is tans aan masjiene gekoppel wat hom aan die lewe hou,’ het Alicia du Toit, Jacques se dogter, Maandag 2 Julie aan LETABA HERALD vertel.

Jacques is in isolasie opgeneem en op ‘n ventilator, dialiese en ECMO masjien gekoppel wat sy long funksie oorgeneem het.

Read: UPDATE: Swine flu under control in Tzaneen

Die familie bedank die gemeenskap vir die gebede en bystand in hierdie tyd, maar vra dat hulle privaatheid ook gerespekteer word.

Hospitaal besoeke aan Jacques is nie moontlik nie.

Volgens Zane Fanie, MediClinic se bestuurder is varkgriep nog nie as ‘n ramp geklassifiseer deur die Departement van Gesondheid in Tzaneen nie.

‘Daar is wel ‘n toename in diagnose en behandeling van pasiënte maar almal word nie opgeneem nie. Pasiënte wat vroeg genoeg gediagnoseer word kry wel behandeling en voorskrifte by plaaslike dokters en sterk by die huis aan,’ sê Fanie.

‘Daar is geen rede tot paniek nie. Daar is baie goeie medikasie op die mark en geen rede vir kommer nie,’ het ‘n apteker ook aan die HERALD bevestig.

Die simptome is ’n hoes, koors, seer keel, geblokte of loperige neus, seer liggaam, hoofpyne, braking, gastro en duiseligheid. Hierdie virus vertoon soos ’n gewone verkoue, maar sit vinnig om in longontsteking, long infeksie en ander asemhalingsprobleme.

Swanger vroue loop ook die gevaar sowel as persone met ‘n swak immuniteitstelsel. Inwoners word aangeraai om vinnig by ’n dokter uit te kom indien enige persoon ’n kort asemhalingspatroon toon, aanhoudend opgooi, erge pyn in die maag, lighoofdigheid of dronkheid ervaar.

Wanneer erge lyfseer gevoel word, word daar ook aangeraai dat daar dadelik met ‘n dokter gekonsulteer word. Die virus kan met ‘n keeldepper bepaal word.

Inwoners van Tzaneen word aangeraai om eerder vinnig toetse te laat doen indien daar vermoed word dat hulle die virus onder lede het.

Related Articles

Back to top button