Gaan spog met jou wors

As jy dink jou tuisgemaakte boerewors is die beste, dan is hierdie kompetisie net vir jou.

OK Mini Market Sugarhill, het na afloop van hulle uiters suksesvolle potjiekoskompetisie wat aangebied is, besluit om die wors aan beide kante te gryp en loods hulle eerste worsbraai kompetisie. Maak jou eie wors en gaan braai dit op die dag, of koop eenvoudig van Sugarhill se puik wors en pak ‘n watertand wors gereg aan, berei dit voor op die dag en wen groot.

Dit is so eenvoudig soos dit.

Inskrywingsgeld beloop slegs R100 en die inskrywingsvorm kan in die Letaba Herald gevind word of by Sugarhill self.

Al die inskrywingsgeld van die spanne van die dag sal geskenk word aan die SAFV.

Die publiek sal op die dag as beoordeelaars optree.

‘n Leë koelerboks kan saamgeneem word, en keelnatmaak verversings moet weer by Marana Liqueur aangeskaf word.

As bonus, sal hulle weer al die deelnemers met gratis ys voorsien. Die drie hoofborge van die dag wat die eersteprys borg is Freddy Hirch, Delhi Spices en Crown National. Hulle sal ook op die dag van hulle produkte te proe aanbied.

Die dag sal plaasvind op 30 Junie en sal in die parkeerterein van Sugarhill plaasvind.

Moet nie op jou worsresep sit nie.

Maal jou vleis, werk jou bestandele uit en begin ryg en gaan spog met jou wors!

Hannlie van Niekerk en Lino de Carvalho, eienaar van Sugarhill nooi die hele gemeenskap uit om deel te neem.

Dit beloof om ‘n dag te wees vol pret en opwinding.

En soos hulle sê, ‘Dit is nou maar wors!’

Exit mobile version