EntertainmentLifestyle

Dra jou tekkies in Tzaneen vir ‘n goeie doel

Volg jou hart en bring bietjie sprankel en ondersteun die SAVF Tzaneen se Tekkie Tax projek op Vrydag 25 Mei.

Jip, dit is amptelik, dit is amper weer daardie tyd van die jaar.

Die dag waarvoor almal hulle asems ophou.

Nasionale Tekkie Tax Dag! Dit is nou die tyd om Jou plakker te bestel!. Die hele land is al aan die gons oor dié aller belangrike dag in Suid-Afrika wat al vir die laaste vier jaar deel van die kalender is. Hierdie jaar word Tekkie Tax gevier op 25 Mei. Die projek gee jou die geleentheid dié jaar, om ‘n hop in jou skop te sit, en vir almal te wys waar jou hart lê.

Dis so maklik soos 1…2…3… Kies jou plakker vir ‘n saak na aan jou hart, Kikker jou tekkies op met ons prettige skoenveters, en Voila!

Jy is gereed vir Nasionale Tekkie Tax Dag! Tekkie Tax is SA se prettigste, mees innoverende, unieke en suksesvolle nasionale fondsinsamelingsveldtog vir welsynsorganisasies. Die veldtog het in 2013 begin toe ‘n paar van Suid-Afrika se grootste en mees verantwoordelike welsynsorganisasies koppe bymekaar gesit het.

Sedert die ontstaan, het hulle reeds ‘n yslike R30.5 miljoen ingesamel vir welsynsorganisasies wat deelneem.

Daar is 11 Nasionale Begunstigdes en hulle verteenwoordig meer as ‘n 1 000 plaaslike nie-winsgewende organisasies.

Hulle is: SAVF, DBV takke, Epilepsie SA, Kindersorg SA, SOS Children’s Villages, Special Olympics SA, CANSA, Imisebeyelanga Services, VVA, NG Welfare en RoleModels Foundation. Die projek het elke jaar ‘n gesonde groei getoon en Tekkie Tax het besluit om hulle 4e verjaardag met ‘n verrassing te vier. Dit is hoe “Happy” deel geword het van die Tekkie Tax Familie… Happy is die nuwe Tekkie Tax gelukbringer met ‘n GROOT hart.

Hy is ‘n Uitbundige karakter wat dink dat sy geluk lê in sy helde jas.

Tot op ‘n dag toe Ou Madala Mascot vir hom gesê het dat geluk diep vanuit die hart kom. Met so ‘n oulike karakter aan boord, kan jy nie nalaat om deel te neem aan die 2017-veldtog nie. Plakkers (vir ‘n donasie van R10 elk) en die Tekkie Tax skoenveters (R35 per paar) is beskikbaar by die SAVF, Agathastraat 1, Tzaneen, Telefoonnommer 015 3072645.

Loop, spring of huppel die ekstra myl in jou Tekkies vir ‘n welsynsorganisasie (SAVF TZANEEN) naby aan jou hart deur die plakker te dra op Vrydag, 25 Mei en sit ‘n hop in jou skop met n paar prettige skoenveters.

Bankbesonderhede: ABSA Tzaneen, Tjekrekening, 1260800104, verwysing: Naam. Daar is geen verskoning – deel in die pret en ondersteun Internasionale Tekkie Tax Dag. ‘Dankie vir u troue ondersteuning deur die jare. Ons hoop en vertrou dat ons soos voorheen op u ondersteuning kan staat maak,’ sê die SAFV.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button