KNP boek bou beskikbaar teen afslagprys

'n Baie interessante boek oor die historiese besienswaardighede in die Krugerwildtuin is nou teen ‘n groot afslagprys beskikbaar vir lesers van die HERALD.

Die boek, “Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nationale Park”, is deur Ron Hopkins van Hoedspruit geskryf en saamgestel. Hy en sy vrou, Cindy, is baie gereelde besoekers aan die Wildtuin en in 2012 het hulle besluit om elke geskiedkundige besienswaardigheid wat op Sanparke se kaart van die

Krugerwildtuin aangedui word te besoek.

Hulle het onmiddellik besef dat die klein koperplaatjie wat by elke geskiedkundige “monumentjie” aangebring is nie die hele storie vertel nie van hoekom dit geskiedkundig is.

En so is ‘n boek gebore.

Ron het wye navorsing oor elke enkele geskiedkundige besienswaardigheid gedoen en die agtergrond en interessantheid van die 60 gemerkte “monumente” word met pragtige foto’s en interessante teks in die boek uitgelig. Sommige van die karakters en gebeurtenisse wat in die boek oor geskryf word, soos Kol Stevenson-Hamilton, Paul Kruger, Minister Piet Grobler en verskeie ander verhaaltjies soos van Harry Wolhuter se skermutseling met twee leeus, is baie bekend, maar daar is ook ‘n verskeidenheid pioniers, kansvatters, leiers en helde wat vir baie lesers nuut gaan wees en beslis baie waarde toevoeg.

Die boek bevat verskeie swart-en-wit foto’s wat ‘n boeiende blik werp op die geskiedenis van die Wildtuin wat nie vrylik in ander publikasies beskikbaar is nie.

Ron het aanvanklik die boek “Historical sites of the Kruger National Park” in Engels gepubliseer waarna die boek in Afrikaans vertaal is onder die titel “Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park.”

Op versoek van die HERALD het Ron ‘n aantal Afrikaanse boeke aan ons lesers beskikbaar gestel teen slegs R100 per eksemplaar.

Dit verkoop in die Wildtuin en boekwinkels teen R220 stuk.

Die boeke is by ons kantore in Tzaneen, Phalaborwa en Hoedspruit beskikbaar teen R100 of kan direk by die uitgewer bestel word teen R100 stuk plus R100 vir koerierkoste by ingwebook@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version