Sakekamer vergadering later vandag fokus op hommeltuie

Drones, of hommeltuie, is Vrydag die fokuspunt van die eerste ete van die Tzaneense sakekamer by die Letaba River Lodge net buite Tzaneen.

Die gassprekers is Jacques van der Merwe en Nelis Coetzee van die C4Africa Group en die hoofborg is Letaba River Lodge.

Drones is besig om teen ‘n geweldige tempo in gewildheid toe te neem en word op talle maniere gebruik. Vrydag se praatjie gaan fokus op anti-stropery deur dag- en nagpatrollies, sekuriteit vir plase en ander eiendom, driedimensionele modellering, uitmeet van plase en kontoere en enkele ander gebruike van drones.

Dit is die eerste vergadering van die jaar en behoort baie interessant te verloop.

Bespreking is noodsaaklik en Yolanda kan geskakel word op 083 280 9723 of per epos aan admin@tzaneenchamber.org.za

Exit mobile version