Rondloper kalf van #LetabaSkou nie meer ‘Soekie’

Die gemeenskap was verlede week in rep en roer na 'n kalf van Christea Limousins die hasepad gekies het tydens die Letaba Skou.

‘n Reuse soektog is geloods, op onder andere Facebook, vir die kalf wat Dinsdag losgeruk het terwyl hulle afgelaai is by die skou.

Soekie, soos sy na die affêre gedoop is, het oor die ‘driving range’ gehardloop, verby Wisani, oor die rivier in die bosse in.

Lees ook: GALLERIES: #LetabaShow 2017 in pictures

Haar eienaar, Pieter Gerber, vertel dat hulle haar spore gekry het in die Deerpark area.

Woensdag het gekom en gegaan maar steeds was Soekie nog soek.

“Donderdag het ek ‘n oproep ontvang van WD Saailinge en het hulle het my die goeie nuus gegee dat die kalf tussen hulle litchi bome rondloop,” vertel Pieter.

Hulle het haar ma op ‘n waentjie gelaai en is agter Soekie aan.

Lees ook: TZANEEN: #LetabaShow 2017, what you missed on Day 1

Sy het toe stadig maar seker kalmer geraak sodat sy weer op die waentjie gelaai kan word.

Uiteindelik kon hulle terugkeer skou toe en so het Soekie verseker niemand in Tzaneen sal haar gou vergeet nie.

“Sy is nou terug op die plaas en gelukkiger as ooit,” sê Pieter.

Exit mobile version