FeaturesLifestyle

Besoek die oupa en ouma van die Hoedspruit Boeremark

Een van die bekende stalletjies wat gevind kan word by die Hoedspruit Boeremark, Susie se Kombuis, is al 'n wyle beskikbaar.

Maar wie presies beman dié einste stalletjie?

Fanie en Susie Engelbrecht is gebore Vrystaters.

Fanie was ‘n boer maar in 1965 het hy in die poskantoor begin werk, eers as nommer asseblief in ‘n hand sentrale outomaties en toe word hy verplaas na Middelburg in Mpumalanga.

Susie het begin werk op Woestalleenmyn as kosteberekeningsklerk.

Fanie het op vroeë pension gegaan in 1993 en begin smous met goedere vat verkrygbaar was in daardie wêreld. Hy het gereeld in Hoedspruit gesmous en goedere saam terug gevat Middelburg toe.

In 1994 is sy oorgeplaas na ‘n myn in Witbank waar sy die aankope en die myn se koste berekening gedoen het.

Sy het toe in 2007 op pensioen gegaan maar steeds in haar vrye tyd onthale vir troues gedoen.

By die huis het sy begin konfyt kook en groente inlê wat Fanie dan verkoop het in Kees Taljaard Park in Middelburg.

Met die besigheid het dit goed gegaan.

Hulle kinders het hulle omgepraat om Pretoria toe te verhuis na Susie ‘n knievervanging gehad het.

“Daar was besigheid hopeloos,” vertel hulle.

Hulle dogter is vermoor en dis toe hulle besluit het om Hoedspruit toe te verhuis.

Hulle was baie gelukkig, maar was ook baie verveeld.

Lees ook: HOEDSPRUIT: Massive tourism boost on the cards for the #BlydeRiverCanyon

Die egpaar het toe saam begin konfyt kook en dit verkoop by Kamagelo.

Die mark het intussentyd Jakkels en Wolf toe getrek.

Hulle het vasgeskop toe die mark onlangs na die Bosveld Senter getrek het, hulle het geglo dit sal nie werk nie.

“Groot was ons verbasing, wat ‘n ontploffing. Danksy Tansy en Jof. Hulle het almal verbaas met hulle inisiatief,” vertel hulle.

Op die ouderdom van 75 en 80 word hulle geken as die ouma en oupa van die mark.

Gaan besoek hulle gerus tydens die mark op 2 September vir lekker konfyt, marmelades en gebak.

Die Boeremark vind plaas by die Bosveld Sentrum 2.2km buite Hoedspruit op die R40 Nelspruitpad. Dit begin om 08:00.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button