FeaturesLifestyle

Snotkop vier vrouwees saam Tzaneen se vrouens

Teen die tyd weet almal wie Francois Henning, of altans Snotkop, is en dat hy by vanjaar se Letaba Skou opgetree het maar Letaba Herald het bietjie dieper gedelf en hom uitgevra oor wat sy opinie oor vroue is.

Vir hom gaan Vrouedag oor om vrouens te vier en vroue regte te laat seevier, om te bly veg vir gelykheid op alle vlakke.

“Vrouens speel ‘n hoogs belangrike rol in die samelewing, in die werkplek, in die samelewing en by die huis. Dis belangrik om die invloed wat vrouens het op die verskillende vlakke te verstaan en te respekteer,” vertel hy.

Lees ook: #WomensMonth: Meet 3 courageous SA medical fieldworkers who have returned from Iraq

Die grootste probleem wat hy nog sien in vandag se tyd is dat daar nog ‘n effense stigma is dat vrouens nie op die selfde vlak as mans in die werksplek kan presteer nie.

“Dis bog,” sê hy, “Vrouens kan en in sommige omstandighede maak hulle nog kinders groot en sorg vir hul families ter selfde tyd.”

Sy rolmodel is beslis sy ma, sy is ‘n voorbeeld van ‘n sterk vrou wat vir niks terug staan nie. Volgens hom het sy uitgeblink as ‘n ma maar het ook haar passie uitgeleef en goed gevaar in haar werk plek.

“Sy is intelligent en passievol en het n goeie uitkyk op die lewe. Sy het ook twee cool seuns grootgemaak,” skerts hy.

Sy advies aan jong meisies is, maak nie saak wat jou droom behels nie dit is bereikbaar.

“Jy mag dalk droom daarvan om n vlieënier te word of n mechaniese ingenieur, dis moontlik. Jy mag dalk droom daarvan om dit te bereik al is dit n mans gedrewe industrie, en ‘n familie groot te maak ter selfde tyd, dis moontlik. Moet nooit luister na nee mense nie, hulle is vollop. Bly positief, vier jou individualiteid en hou moed,” sê hy.

Volgens Francois is die beste eienskap van ‘n vrou haar sensiwiteit en vermoë om mense te lees, dit is baie werd vir hom.

“Vrouens het ook die talent om te multitask, dit is baie waardevol,” volgens hom.

Hy het al ‘n verhoog gedeel met die ikoniese Laurika Rauch maar nog nie ‘n duet saam gedoen nie en hy sou graag wou.

Hy is seker Mannetjies Roux kan goed werk op ‘n “Hip Hop beat”.

Kyk uit vir sy nuwe musiek video, Woestersous, van sy CD, HKGK.

“Julle gaan hom baie geniet. Daar is ‘n ses jarige ster wat die video oorvat!” vertel hy opgewonde.

Related Articles

Back to top button