Dr van den Heever, ‘n dokter duisend vir Tzaneen

Meerderheid van Tzaneen ken dr Shani van den Heever, wat al van 2001 in die Tzaneen area praktiseer.

“Ek het ook gegril vir bloed die eerste keer, dis nie asof ek dadelik geweet het nie, maar ek wou ‘n dokter in iets word,” vertel sy.

Dr van den Heever, oorspronklik van Heidelberg af, het al baie bereik sedert sy gekwalifiseer het in 1990.

Haar begin in die area was by Duiwelskloof Hospitaal en sy het as mediese beampte in Kgapane gewerk.

Dr van den Heever het in 2007 ‘n privaat praktyk in Tzaneen begin. “’n GP in die platteland is anders as ‘n GP in die stad,” sê sy.

In Tzaneen is daar minder spesialiste en sy doen baie goed nog self.

Lees ook: A woman of steel, that’s Vidah

Geen dag is ooit dieselfde nie, die allerdaagse mensekontak en om mense te help maak haar werk die moeite werd.

Daar is verskillende faktore aan dokter wees soos emosionele probleme wat opgelos moet word, gewone siektes, sy gaan self teater toe, help met klein gevalle en staan die spesialiste by.

“Dis lekker, dis nooit vervelig nie omdat my dag nie op ‘n sekere manier begin en nie dieselfde eindig nie,” vertel dr van den Heever.

Na haar mening is kanker die siekte van ons tyd en dis moeilik as mens weet wat die pad vorentoe is.

“Dis die moeilikste as jy weet dis finaal,” vertel sy. Dr van den Heever het twee kinders en dis maar ‘n “fine balancing act” soos sy dit stel tussen haar persoonlike lewe en haar beroep.

Lees ook: #WomensMonth: Important hashtags and tweets to follow

Die werksure is lank en in die begin met haar kinders was dit moeilik maar sy kon dit nie doen sonder die hulp van haar skoonouers en man nie.

Sy vertel ook dat daar te min dokters is wat dit te gaan studeer en nie voltyds aanpak nie.

Haar boodskap aan vrouens op vanjaar se Vrouedag is om daar vir mekaar te wees.

“Vrouens as geheel moet daar vir mekaar wees. Sonder vriendinne kan jy ook nie werk nie.

Help mekaar, so ook in jou werkplek,” sê sy. Sy glo ook dat vrouens vry moet voel om hulle self te wees en hoef nie in ‘n boksie gedruk te word nie.

“Vrouens kan vandag enige iets doen,” sluit dr van den Heever af.

Exit mobile version