EntertainmentLifestyle

Piet Swart en oud-Vossies skitter weer op verhoog

Die jaar het die Hoërskool Ben Vorster met nog ‘n baie suksesvolle oud-Vossie aand, wat gehou is op 26 Mei gespog.

‘n Legende van die skool, Piet Swart, die oud-skoolhoof, het almal bekoor met sy pragtige klavierspel.

David Griesel het ook vanjaar sy klaviervernuf kom wys en almal se asem weggeslaan met sy spel.

David was ook vir Nikki Pohl in 2008 die inspirasie om die kultuuraande te begin. Hy is ‘n befaamde klavierspeler.

Jansen van der Walt, Schoeman Mynhardt, Bennie Bezuidenhoudt, Stefan Lombard en Morris Fox speel saam musiek.

Vanjaar was daar ook drie oud-Vossie pare wat deelgeneem het: Klaas en Jan Klawer (pa en seun), wat op die klavier begelei is deur hul ma, Rina Klawer, Schoeman en Dané Mynhardt, broer en suster, wat gesorg het vir pragtige sang en Heinrich wat vir sy suster, Zanél Steenkamp, gesing het terwyl sy ‘n pragtige dans uitgevoer het.

Stefan “Lompies” Lombard, Jansen van der Walt, Bennie Bezuidenhoudt en Morris Fox is ook ou bekendes op die oud-Vossie verhoog.

Lompies, met sy grappies en snaakse tong-in-die-kies liedjies, was net wat almal nodig gehad het. Hulle het gesorg dat die aand op ‘n baie hoë noot afgesluit word.

Die hoogtepunt van die aand was Jacques Pohl wat almal verras het met sy uitstekende weergawe van Elvis Presley.

Die oud-skoolhoof, Piet Swart, het ook die mense vermaak met sy klavier vernuf.

Niemand het geweet hy kan sy lyf so rondskud nie. Hy is tans ‘n adjunkhoof en geliefde onderwyser by die Hoërskool.

‘n Paar van ons huidige Vossies het ook die aand kom inkleur met hul sang, dans, kitaar- en klavierspel.

Garry van den Ende het gesorg vir hope pret toe hy die items, wat geskenk is, opgeveil het. Danksy Garry kan die skool die uitstaande bedrag vir die saal se gordyne betaal.

Die Vossies bedank graag hulle borge: Bosveld Group Holdings (pty) ltd, Piet Vermaak, Tzaneen Country Lodge, Letaba River Lodge, Uitsoek stalle, CTM Tzaneen, Miami Canners, Riaan du Plessis, Roedie Botes en Ickinger. Ondesteun asseblief hierdie besighede – hulle het altyd ‘n oop hand wanneer ons aan hul deure gaan klop.

Related Articles

Back to top button