FeaturesLifestyle

Jo Black se “Be that guy/girl” boodskap inspireer Tzaneen leerders

Jo Black het vir die Vossies gaan kuier en die leerders baie inspireer.

Die YouTube video van sy debuut enkelsnit, ‘Skepe’ het binne dae nadat dit in November 2016 vrygestel is bykans deur ‘n miljoen mense gekyk.

Aan die begin van 2016 het hy egter met ‘n inisiatief begin wat hy hoop ‘n nog groter impak sal hê, sy ‘Be That Guy/Girl’ veldtog.

Jo het tot dusver bykans 300 skole besoek waar hy, op sy eie onkoste, die boodskap uitdra dat mense moet opstaan vir wat reg is en dat dit aanvaarbaar is om vas te hou aan jou geloof en morele waardes.

Dit was Hoërskool Ben Vorster se beurt op 23 Mei om sy inspirerende lewensverhaal en boodskap te hoor. Jo het die Vossies aangemoedig om die slegte dinge in hulle lewe of daardie eienskappe van hulleself waarvan hulle nie hou nie, as deel van hulleself te aanvaar en krag daaruit te put.

Liefde en respek vir ons medemens, ongeag sy status, velkleur of agtergrond het, volgens Jo, die vermoë om Tzaneen, Suid-Afrika en die wêreld ten goede te verander. Op Jo se vraag of daar enige Vossie teenwoordig is wat bereid is om volgens hierdie beginsels op te tree, het die Vossies soos een man opgestaan.

Hierdie waardes is immers ook deel van die Hoërskool Ben Vorster se waardes. Dit is nie altyd maklik om teenoor mense wat jou te na kom of wil afbreek met liefde op te tree nie, maar soos Jo ook sê, dink net watter verskil dit sal maak indien meer mense in ons skool, ons dorp en ons land met liefde teenoor mekaar begin optree.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button