Plasies skryf vir Poort 2017

Hoërskool Merensky het op 23 April die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Poort-skryfkompetisie 2017 finale uitslae ontvang.

Hierdie kompetisie word al sedert die sewentiger jare aangebied en is baie gewild onder hoërskoolleerders en -skrywers.

Leerders van skole regoor Suid-Afrika het gekompeteer met kreatiewe skryfwerk wat deur 4 letterkundige swaargewigte volgens meriete gekeur is ten einde in die bundel POORT 2017 opgeneem te word.

Foto van links: Anize Basson, Marlu McLean, Elzette van Dyk en Imcke van Vuuren. Elzette van Dyk (graad 12) is aangewys as een van die tien top presteerders in prosa in die land.

Hoërskool Merensky is trots op Elzette van Dyk (graad 12) wie aangewys is as een van die tien top presteerders in prosa in die land.

Van Dyk se poësie- en prosawerke is ook albei gekies om in die bundel gepubliseer te word.

Nog 4 Plasies se prosawerke het beïndruk en sal eersdaags in die gesogte bundel verskyn: Imcke van Vuuren (graad 10), Marlu McClean (graad 12), Anize Basson (graad 10) en Freddie Lubbe (hoofseun, 2016).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button