Gaan geniet die Piesangfees

Gaan geniet die Piesangfees met baie kosstalletjies asook speletjies vir die kinders.

Dit vind op 2 en 3 September op die terrein van NG Moedergemeente plaas.

Die Spookhuis open Vrydag om 17:00 vir die laerskool leerlinge.

Kry tannie Poppie (Kokkedoor) se resep vir ‘n papaja koek by die kerkkantoor teen R50 (inskrywingsfooi.) Gaan bak dit by die huis en sorg dat dit Saterdag 3 September om 9:30 by die kerksaal afgelewer word vir beoordeling deur tannie Poppie. 1ste prys is ‘n SnappyChef.

Plaas ‘n bestelling vir ‘n kaasbord vir Vrydagaand by die kerkkantoor voor 31 Augustus. R120 per bord vir twee persone. Skakel Chantel by 015 307 6865. Geniet die bord by die kerk terwyl daar ‘n lewendige orkes speel of neem dit weg om by die huis te geniet.

Saterdagoggend open die stalletjies om 08:00. Gaan geniet hulle heerlike braaivleis, sosaties, hamburgers, vetkoek, kerrie en rys en nog vele meer.

Gaan drink ‘n heerlike koppie tee of koffie en ‘n stukkie koek in hulle teetuin om die oggend af te skop. Pannekoek kan vooraf bestel word tot Donderdag 1 September by die kerkkantoor.

Moenie dié fees misloop nie.

Exit mobile version