EntertainmentLifestyle

‘Wees sterk, wees dapper en wees lekker’

Daar is min bekendes wat jy 'n mense-mens kan noem, maar daag Francois van Coke uit om Vrouedag vrae te beantwoord, word daar dadelik gevra wanneer jy sy antwoorde nodig het.

Hy moes eers gaan ‘Google’ maar dis veilig om te sê Francois weet nou hoekom daar in Suid-Afrika Vrouedag gevier word.

“Ek verstaan nou dit gaan oor ‘n protes van vroue teen die paswette van daai tyd,” bevestig Francois vir die wat ook nie geweet het nie.

Ek dink nie daar is mense wat nie weet wie dié Afrikaanse “rocker” is nie.

As die naam Fokofpolisiekar nie enige klokke lui nie, sal Van Coke Kartel dalk.

Vir meer as ‘n dekade lank was die twee groepe sy belangrikste prioriteit maar dié het ook aansienlik verander in die laaste paar jaar.

Dit bring my by my tweede vraag, as hy vir Vrouedag ‘n parade kon hou, watse tipe vrou sou hy op sy hoof vlot laat ry? Sy vrou, Lauren Badenhorst, is die hoof van sy vlot, elke liewe dag.

Hulle het ‘n hond, hulle het ‘n huisie en een van die dae ‘n nuwe toevoeging tot die gesin.

Lauren en Francois verwag hulle eerste kind, ‘n babadogtertjie. Die volgende belangrike gebeurtenis waarvoor hy in sy lewe mik, is om die beste pa ooit te wees en nog goeie musiek vry te stel.

Hy is verskriklik opgewonde om sy dogtertjie te ontmoet. Sy grootste mylpaal tot dusver, volgens hom, is die feit dat hy nog na 30 lewe.

Teen dié tyd ken basies enige Afrikaans- en tot selfs nie-Afrikaanssprekende mens die woorde van “Toe vind ek jou” uit hul kop, ‘n liedjie wat Francois saam met Karen Zoid geskryf en opgeneem het. Dit maak net sin dat hy sou sê Karen is sy rolmodel.

Video: Toe vind ek jou

“Ek het hierdie laaste jaar baie by haar geleer oor die musiekindustrie,” vertel hy.

Francois is tans besig met sy tweede soloalbum en meeste van die materiaal is klaar geskryf. September gaan hy dit begin opneem.

Hy kan nie onthou of hy al in Tzaneen opgetree het nie maar as hy die kans moet kry sal hy baie graag ons geweste wil besoek. As Francois ‘n cheesy liedjie kon kies wat hy op sy eie Vrouedag parade op kon dans sou dit Phil Collins se “In the air tonight” wees.

Aan alle vroue groet hy met die woorde “Wees sterk, wees dapper en wees lekker!”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button