EntertainmentLifestyle

‘Wees jouself en mik altyd hoog’

Elke vrou het die potensiaal om 'n 'Celebrity' te wees. Maar almal wil ook nie een wees nie. En almal het ook nie die geleentheid om 'n glanspersoonlikheid te wees nie. En Krizaane Rautenbach sien haar ook glad nie as een nie.

Want volgens haar is sy ‘n introvert en steel nie graag die kollig nie.Die feit dat ek sy haarself kan wees en dat mense haar so aanvaar is vir haar genoeg. En om elke dag voluit te lewe met die oog op ‘n suksesvolle toekoms en loopbaan, is waarop sy fokus.

Dit ‘tick’ Krizaane (wat nou al vier jaar aptekers assistent by Tzaneng Apteek is,) om mens te wees.

Sy het haar studies in Februarie vanjaar voltooi. Sy is die geleentheid aangebied en het besluit om dit met altwee hande aan te gryp en die beste daarvan te maak.

En dink sy mense is skepties as mense haar raad vra by die apteek? Nog nooit gesien nie, want die positiewe jong vrou voel verseker dat mense haar oordeel vertrou en haar raad aanvaar, want soos sy dit stel, ‘hulle kom keer op keer terug apteek toe.’

Krizaane is gebore en getoeë in Tzaneen. en matrukileer einde 2011 te Hoërskool Ben Vorster. Sy ag haar glad nie as die sportiewe nie, en het nog altyd ‘n lus vir akademie gehad. Sy is die jongste van twee kinders en haar huis is waar haar hart is .

‘Ek is ‘n introvert en ek hou van my stilte en vrede om my. Ek hou van die natuur. Ek hou niks van konflik nie, ek vermy dit eerder so ver moontlik,’ vertel Krizaane.

Nie net is sy ‘n mense mens nie want haar worshond, Sylvester is haar hart se punt.

Sy het deur Tzaneng Apteek gestudeer om Aptekers Assistent te word. Dit is dan ook geen wonder dat Liza Prinsloo, eienaar van Tzaneng Apteek een van haar rolmodelle is nie.

‘Liza is ‘n suksesvolle besigheidsvrou by wie ek baie leer. ‘n Mentor na wie ek kan op kyk en ek sal nooit genoeg van haar kennis kry nie. Sy is ‘n interessante mens,’ vertel Krizaane.

Dit is die die klein dingetjies in die lewe wat vir Krizaane saak maak en materialistiese dinge is nie vir haar van belang nie.

‘Ek is van kleins af geleer om te werk vir dit wat ek wil hê in die lewe en dit het van my ‘n sterker mens gemaak.’

Krizaan geniet haar werk want, soos sy dit stel, hou sy daarvan om haar medemens diensbaar te wees en om te weet dat sy mense kan help en gesond maak. Krizaan, is geliefd onder Tzaneers.

En dit is ook geen verrasing nie want nie net vind sy mense intresesant nie maar sy hou ook daarvan om met hulle te werk.

Krizaane is ‘n gelukkige mens. Sy wil net mens wees en die fynere dinge in die lewe waardeer. Sy deel ook graag ander mense se geluk en wil eintlik ne hê almal moet gelukkig en vooruitstrewend in die lewe wees.
Krizaan kyk op na haar ma, Christa, wat sy as haar rolmodel ag.

‘My ma se standvastigheid en deursettingsvermoë beny ek. Die lewenslesse wat ek al by haar geleer het en die feit dat sy altyd daar is vir ons. Haar ondersteuning in alles wat ek doen tel vir my baie en dit hou my staande,’ vertel sy trots.

Krizaan, as jy vyf vrouens kan uitnooi vir ete, wie gaan jy uitnooi?
‘My ma, Christa, ons geniet mekaar se geselskap en kan oor enige onderwerp gesels. Ons is baie na aanmekaar en natuurlik moet sy help kosmaak. Liza Prinsloo… Sy is ‘n suksesvolle besigheidsvrou by wie ek baie kan leer. ‘n Mentor na wie ek kan op kyk en ek sal nooit genoeg van haar kennis kry nie. Sy is ‘n interessante mens. Isabel Schoonraad… my vriendin van skool af. Ons kan saam lag, saam huil en oor enige iets gesels en gemaklik voel in mekaar se geselskap. Sandra Prinsloo. ‘n Merkwaardige vrou wat waardigheid uitstraal en ‘n voorbeeld stel vir baie jong dames. Sy besit ‘n statigheid wat ek ook eendag sal wil hê as ek haar ouderdom is.

Weg van die etenstafel af wou Letaba Herald weet wat haar voorskrif in woord-pille aan iemand sou wees vir ‘n vol lewe.

Die woord-pil-voorskrif van Jong Krizaan is eenvoudig: Gesondheid, Geloof, Vertroue, Hoop en Vreude, liefde en geluk

Maar sy voeg ook by dat pille nie die antwoord is vir alle kwale nie.

‘Pille is ‘n middel om te help maar beslis nie die antwoord nie,’ se sy.

Suid Afrika is nou reg is vir ‘n vroue president, laat sy val.

”n Vrou benader situasies uit n’ ander oogpunt en toon meer simpatie en empatie teenoor sekere aangeleenthede,’

Maar sy voel dat vrouens in vandag se lewe uitdagings in die sig staar soos om ‘n regverdige plek in die samelewing te hê.

‘Vrouens word nie altyd toegelaat om tot hul volle potensiaal te ontwikkel nie,’ voel Krizaane.

Die jong vrou het ook nie ‘n bang haar op haar lyf nie, en voel oor die toekoms van Suid -Afrika dat geloof haar help om haar sterk te laat staan indien sy hieroor sou wou twyfel.
Krizaane voel dat vrouedag gevier moet word want dit gee volgens haar erkenning aan vrouenwees in ons samelewing.

Op Vrouedag wil sy net aan al die vrouens in Tzaneen: ‘Wees jouself. mik altyd hoër in die lewe en sorg dat jou plek onder die son verseker is.’

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button