EntertainmentLifestyle

Word gekroon as Tzaneen se Potjie Koning

AS jy gekroon wil word, nie net as die meester van die gewilde Suid-Afrikaanse Potjie nie, maar die koning, dan moet jy verder lees.

Orals in Suid-Afrika is daar iemand, êrens, wat beweer hy of sy is dié potjiekos ghuru!

Tydens vanjaar se Letaba Skou gaan die bordtjies verhang word want die teendeel gaan bewys word.

Die potjiekos koning is iewers hier in Tzaneen se midde.

Dit is met groot opgewondenheid dat alle besighede, organisasies en verenigings uitgenooi word om deel te neem aan die Tzaneen Sakekamer se potjiekos kompetisie in trotse samewerking met die Letaba Skou en Letaba Herald.

Alle belangstellendes word uitgenooi om in te skryf vir die kompetisie om vanjaar weg te stap met die titel “Beste Potjie van die jaar”.

Die kompetisie sal plaasvind op Donderdag 4 Augustus tydens die skou en die spanne met hulle potte sal hulle voorskote, bestandele en wen resepte teen 12:00 moet reg hê want dan skop die potjie-stryd af.

Beoordeeling sal om 17.30 plaasvind.

Die gewilde tannie Poppie van Kokkedoor Faam sal as een van die beoordelaars optree.

Net nog ‘n rede om deel te neem aan die kompetisie om so bietjie skouers te skuur met Suid-Afrika se eie Chuck-Noris van kosmaak.

Kostes beloop R500 per span en slegs vier lede per span sal toegelaat word..

Slegs 15 spanne sal kan inskryf vir die kompetisie om met die gesogte titel van Tzaneen se Potjie-konings weg te stap.

Besighede, organisasies en verenigings word aangeraai om te spring met hulle inskrywings om teleurstelling te voorkom.

Daar sal twee kategorieë beoordeel word nl. die span met die beste potjie en die span met die beste gees.

Die kompetsie is informeel dus is die fokus op pret en nie so seer op kookuns en gourmet beginsels nie.

Die tema van vanjaar se skou is Karnaval en spanne word aangeraai om by die tema aan te pas.

Vir inskrywings skakel Melaine Botha op: 087 751 9723 of 083 280 9723

Vir die volledige reëls van die kompetisie besoek gerus die Tzaneen Sakekamer se Facebook blad.

Waarvoor nog wag? Kry julle spanne bymekaar. Trek die resepte nader. Vryf die potte blink en laat die pot-prut begin!

Skryf vandag nog jou span in!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button