EntertainmentLifestyle

Wat is in ‘n naam?

"Wat is in 'n naam," het die grootse William Shakespeare by geleentheid gevra. Die Herald het ook gewonder en toe ons na die wêreld van sosiale media gewend om 'n paar interessante name te soek. Groot was ons verbasing toe die oorweldigende reaksie eers duidelik word.

Margot het te vertel sy ken ‘n uroloog genaamd dr Bahlman.

Dan is daar Fanus wat weet van ‘n seksoloog by Tuks by name dr Ettienne Kock en Karen wat lekker giggel oor die uroloog dr Harden.

Emmanuel vertel dadelik dat Kaapstad se brandweerhoof op ‘n stadium ‘n man genaamd mnr Sparks was. Marinus is ook nie links nie en laat hoor van sy vriend Samuel Loots wat nou ‘n, wel, loods is en Pieter lag lekker oor dr Sakkie Kleingeld wat jare gelede die hoof van die landbank was.

Adelbert voeg ook by dat hy weet van ‘n ginekoloog genaamd dr Snoek daar in die Kaap.

Sonia onthou ‘n redelike lywige dame wat ‘n onnie was. Haar naam was mev Shufflebottom en Nicolene ken weer ‘n pediater genaamd dr Foot.

Jaen laat hoor van haar en die twee vee-artse wat sy ken, dokters Skaap en Kriek.

Bally ken weer ‘n landmeter in George genaamd Jan Kruishaar en Edrich laat weet van ‘n tandarts in Goodwood by name dr Payne.

Hanru noem dat Stellenbosch se voormalige hoof van die brandweer ene Bertie Brandsen was en Rina se tandarts as kind was dr Borstlap.

Laasten vertel Janine hoe sy liewer maar die ginekoloog, dr Koekemoer, liewer vermy.

Wat is in ‘n naam inderdaad.

Vir ons hier by die Herald lyk dit na baie dinge wat in ‘n naam pas.

Lesers is welkom as hulle ook van ‘n interessante naam weet om dit in die kommentare vir ons te los.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button