EntertainmentLifestyle

KNP geskiedenis nou in Afrikaans

Ron Hopkins en sy vrou Cindy het in 2012 die moeilike tog aangepak om elke geskiedkundige punt in die Kruger Nasionale Park te besoek.

Die twee het egter gou agtergekom dat die inligtingsbordjies die storie maar karig vertel en Ron het besluit om al hierdie geskiedkundige terreine in ‘n boek saam te vat.

“Field Guide to the Historical Sites of the Kruger National Park” was die uiteinde.

Die boek het in 2013 verskyn en het dadelik aandag getrek onder liefhebbers van ons geskiedenis, sowel as liefhebbers van die Park.

Daar is egter nou goeie nuus vir diegene wat bietjie stoei om Engels te lees, met Geskiedkundige Terreine Van die Kruger Nasionale Park, die Afrikaanse weergawe, wat onlangs die lig gesien het.

Sestig verskillende geskiedkundige plekke in die park word deur hierdie gids gedek en koördinate vir elke geskiedkundige punt of terrein word verskaf.

Met die inligtingsbordjies by elke geskiedkundige punt wat onlangs oorgedoen is en hierdie veldgids in die hand, behoort besoekers aan die KNP maklik in hierdie ongelooflike deel van Suid-Afrika se geskiedenis te kan verdwyn.

Waarvoor wag jy, skakel nou 073 923 8548 on hierdie wonderlike gids te bestel.

Andersins is die gids ook by al die KNP se winkels beskikbaar, sowel as by Hoedspruit se Pick ‘n Pay en Khaki Fever.

Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park kan via e-pos by ingwebooks@gmail.com bestel word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button