Editor's choice

Taxi jaag in GNT bus vas-twee kritiek

'n Taxi het om omstreeks 14:15 in 'n Great North Transport (GNT) bus vasgejaag op die Lydenburgpad.

‘n Taxi wat vermoedelik aan die linkerkant van ‘n geel streep motors verbygesteek het, het in die stilstaande bus vasgejaag.

Twee van die passasiers is in ‘n  kritieke toestand na die hospitaal geneem, nadat hulle deur die nooddiens personeel met lewenskake bevry moes word.

Die ander 13 is met ernstige en ligte beserings op die toneel behandel en daarna na die hospitaal geneem.

Volgens een van die  motorhandelaars se eienaar langs die R36, staan die GNT bus al van vroegoggend daar nadat dit glo gebreek het.

Die verkeer in en uit Tzaneen was erg ontwrig en het meters ver terug opgedam.

Die ongelukstoneel het groot toeskouers waarde geniet.

Die ongeluk kom nadat Letaba Herald op ons webtuiste berig het van die GNT bus wat Saterdagmiddag op die George’s Valleypad ‘n ongeluk gemaak het waarin 10 passasiers oorlede is en 33 na hospitale geneem is.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button