Vertellers gaan vertel

DIE JAARLIKSE baie gewilde storievertellers-aand van die Tzaneense Sakekamer vind weer Vrydag, 16 Oktober by die “Beach” in George’s Valley plaas.

Die aand se vertellery begin reeds om 18:00 en die atmosfeerryke “Beach”, waar die eerste een verlede jaar gehou is, is die ideale plek om die groot gesels aan te bied.

Die vier sprekers wat die gaste verlede jaar aan hulle lippe laat hang het, Louis Changioun, Siem Venter, Spencer Drake en Koedoe ??????, het reeds weer bevestig dat hulle daar gaan wees terwyl ‘n paar ander vertellers ook gaan bydra tot die aand se vermaak.

Heerlike potjiekos gaan bedien word en gaste is welkom om hul eie koelbokse te pak. Beperkte wyn en bier sal beskikbaar wees. Koste beloop R100 per persoon wat die ete insluit. Besighede en ander instansies kan ook tafels bespreek.

Roete na die “Beach” is baie maklik. Presies 20km vanaf die George’s Valley afrit buite Tzaneen is daar ‘n bordjie op die linkerkant wat wys “The Beach”. Draai af en volg die pad tot onder.

Besprekings is noodsaaklik omdar daar beperkte sitplekke beskikbaar is. Skakel Melaine Botha by 083 280 9723 of stuur ‘n e-pos aan admin@tzaneenchamber.org.za.

Related Articles

Back to top button