Diefstal en vandale ontsier die dorp

Saterdag het Tzaneen en omgewing 'n donker voorsmakie gekry van wat regtig in die toekoms kan gebeur as, soos baie doemprofete voorspel, die elektrisiteitsvoorsienning in duie stort.

Twee dae sonder elektrisiteit en vir baie inwoners buite die dorp, sonder water ook!

Gelukkig was die ‘n probleem wat relatief vinnig opgelos kon word omdat kabels gesteel is.

Die elektrisiteit departement en veral Pierre van den Heever en sy span asook die gemeenskap verdien ‘n groot pluimpie vir die vinnige herstel om sodoende ‘n tweede dag se ontwrigting te voorkom.

Vandale was weer aktief verlede week en het verskeie advertensieborde, stoptekens, ens met vieslikhede bespuit.

Mens wonder watter tipe opvoeding hierdie persone het en wat se bevrediging hulle daaruit put.

Dit ontsier ons dorp en is ‘n belediging vir die ‘normale’ inwoners van Tzaneen.

Exit mobile version