Situasies altyd te goed om waar te wees

Net wanneer dinge te goed is om waar te wees, dan tref die noodlot weer.

Menige het die afgelope ruk met ‘n lag op die gesig, maar nie te uitbundig nie, by ‘n vulstasie gestop om brandstof in te gooi.

En toe kom die terugslag. Die petrol prys het Woensdag weer met 96c per liter gestyg, en asof dit nie genoeg is nie gaan die tolgelde ook die Saterdag met 6% op.

Die begrotings toespraak is gelewer en as gevolg van die sondebelasting sal ons ook maar hand dieper in die sak moet steek vir die voggies en die duiwels skoorstene.

Op ‘n ander noo(d)t bly die Georges Valleypad ‘n doring in die vlees en blyk dit dat die owerhede net nie gehoor wil gee aan die aanmanings om trokke van die pad af te hou of die pad te beveilig, of om maatreëls in te stel om ongelukke te verhoed nie.

Insleepdienste dui aan dat hulle nie meer op ongelukke wil reageer nie. Maar dit is te verstane. Hulle en ander nooddiens personeel se lewens is in gevaar.

Dringende samesprekings sal gehou moet word deur die verskeie rolspelers wanneer dit kom by ongelukke op die Georges Valley- en Magoebaskloofpaaie om ‘n erge tragedie af te weer.

Hande na mekaar uitreik het niemand nog ooit gebreek nie, inteendeel, net sterk saam laat staan.

Exit mobile version