Tzaneen op gerekende webtuiste

Tzaneen het die afgelope week hoofopskrifte gehaal toe dit op ‘n gerekende webtuiste, ’50 Unpredictable And Non-Clichéd Places To Travel To’ as toerisme bestemming benoem is. Alhoewel Tzaneen 27ste op die lys is, is dit steeds ‘n groot prestasie vir die dorp aangesien die webtuiste sowat 40 miljoen unieke besoekers het. Dit is hoog tyd …

Tzaneen het die afgelope week hoofopskrifte gehaal toe dit op ‘n gerekende webtuiste, ’50 Unpredictable And Non-Clichéd Places To Travel To’ as toerisme bestemming benoem is.

Alhoewel Tzaneen 27ste op die lys is, is dit steeds ‘n groot prestasie vir die dorp aangesien die webtuiste sowat 40 miljoen unieke besoekers het.

Dit is hoog tyd dat daar meer omtrent toerisme in die omgewing gedoen word, aangesien ons werklik in een van die mooiste dele van die land bly en unieke plekke bied wat ‘n besoek werd is.

Dit is juis waaroor die beplande Toerisme Konferensie wat in April hier gaan plaasvind, gaan handel. Daar word beoog om Tzaneen as ‘n ‘gate way’ na die Kruger Nasionale Park (KNP) en Mosambiek te bemark.

Dit sal vanselfsprekend ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die omgewing wees as mens dink aan hoe toerisme in Mpumalanga as roete na die KNP en Mosambiek floreer as gevolg van bemarking.

Tzaneen en omgewing staan nie ‘n tree terug wat besienswaardighede en natuurskoon betref nie en toerisme kan hier net so ‘n florerende bedryf word.

Exit mobile version