Editor's note

Waak teen kriminele dié Feesseisoen

Die Feesseisoen en al die lekkerte asook die saam wees wat daarmee gepaard gaan is om die draai. Daar is egter dié tyd van die jaar ‘n groot toename in kriminele aktiwiteit, soos op die voorblad van LETABA HERALD berig word. Dit kan grotendeels toegeskryf word aan werkloosheid sowel as Kersfees wat nader kom. Al …

Die Feesseisoen en al die lekkerte asook die saam wees wat daarmee gepaard gaan is om die draai.

Daar is egter dié tyd van die jaar ‘n groot toename in kriminele aktiwiteit, soos op die voorblad van LETABA HERALD berig word.

Dit kan grotendeels toegeskryf word aan werkloosheid sowel as Kersfees wat nader kom. Al meer voorvalle word die tyd van die jaar aangemeld.

Die betrokkenheid van die gemeenskap is ‘n groot bydraende faktor tot die hokslaan van kriminele asook die sukses daarvan.

Inwoners word gemaan om uiters paraat en op hulle hoede te wees.

Raak betrokke en wees die oë en ore van die langaer van die gereg.

Indien jy verdagte persone of aktiwiteit sien, meld dit by Tzaneen se Watchdog aan of skakel die polisie.

Wees paraat as jy by die huis kom of is, as jy in jou motor ry, as jy inkopies doen…

Die moontlikheid van ‘n aanval, beserings of selfs lewensverlies terwyl diefstal gepleeg word, bly maar altyd daar.

Bewustheid van gebeure rondom jou kan jou of iemand na aan jou se lewe red en sorg dat julle dié Feesseisoen saam kan geniet.

Wees bewus, maar moenie ophou lewe nie.

Related Articles

Back to top button