(Bos)bokkesports op Deerpark

Bokkesports het 'n hele nuwe betekenis gekry vir 'n gesin van Deerpark.

DAAR was verlede week lekker bokkesports op ‘n plaas op Deerpark.

Annemarie Breytenbach het verlede Maandag ondersoek gaan instel nadat die honde verwoed begin blaf het.

Sy het ondersoek gaan instel, en gesien dat ‘n bosbok is waarvoor hulle blaf.

Breytenbach het besluit om uit te gaan om die bok te verwilder. Dit is net hier waar die bokkesports begin het.

Die bok het besluit om haar te storm en is die huis in.

Sy het die deur van die huis toegemaak en Frans, die plaasvoorman genader om te help.

Hy is die huis in en die bok is verjaag die veld in.

Volgens haar pa is daar sover hy weet nie skade aangerig in die huis deur die bok nie.

Exit mobile version