Larrie-meisies bring silwer huis toe

Laerskool Tzaneen se seunsen meisies-opehokkiespanne het op Vrydag en Saterdag, 19 en 20 Julie aan die Super 12-kompetisie by Tuks in Pretoria deelgeneem.

Die meisies het in die eindstryd 0-1 verloor. “Ons is baie trots op hierdie span wat ‘n silwermedalje verower het. Baie geluk aan die afrigters, Louise Vosloo en Lara Scheepers,” sê Ula Schoeman, mediabeampte by Laerskool Tzaneen.

Also read: Tzaneen Primary wins R20 000 in Edgars competition

Die seuns het gemengde welslae behaal en eindig 15de uit die 24 skole. “Ons sien met verwagting uit na hoe hierdie seuns en meisies in die komende seisoen gaan vaar en wens hulle net die beste toe.”

Exit mobile version