School sportSport

Vossies begin Virseker kragte meet

Die Vossies het ‘n paar taktiese skuiwe gemaak wat duidelik vrugte afgewerp het.

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat.

Die Hoërskool Ben Vorster is die enigste skool in Limpopo wat in hierdie afdling meeding tussen die Top 16 spanne van die Noord-Vaal.

Die Vossies se junior spanne het gesukkel tussen die koue van die Hoëveld en eksamenkoors. Die O/14A- en B-span het ongelukkig vasgeval teen hulle eweknie. Die kapein, DA Swart, was weer op sy plek en het gelei van voor en Marno Jacobs was vurig op die teen aanval vir die Vossie.

Franco Broodryk in aksie.

Die Vossies se O/15A-span het ’n goeie vertoning gelewer om terug te kom van 22-7 na ‘n 21-22 verloor. Die O/15B-span het die oggenddou skoon gevee vir die dag, maar ongelukkig 29-0 verloor.

Die Vossie se O/16’s het tot dusver ‘n droomseisoen beleef, maar was Saterdag glad nie op hulle plek nie. Beide die O/16-spanne het hulle teen ‘n begeesterde Marais Viljoen span vasgeloop.

Lees: TZANEEN: Vossies die beter span maar beslissings kniehalter

Die Vossies se 3de span moes sonder die meeste van hulle staatmakers klaar kom as gevolg van eksamenverpligtinge en het met ‘n stoepspan van ouds nie teruggestaan vir die Marais Viljoen manne nie.

Die Vossies se 2de span was so gevaarlik soos ‘n gewonde buffel bul en het van enige plek op die veld ‘n teenaanval geloods en die Marais Viljoen manne moes bont staan en het nie meer geweet waar om te keer nie. Die telling was 50-12.

Die Vossie se 1ste span het die appelkar omgegooi deur die Marais Viljoen manne by die huis te klop. Die Vossies se verdediging was so goed soos die bokke s’n in die 1995 se Wêreldbeker.

Die Vossies het ‘n paar taktiese skuiwe gemaak wat duidelik vrugte afgewerp het. Die lostrio van Doran Kleynhans, Renwzo du Plessis en Dean Ballentyne was uitmuntend gewees. Die Vossie het die stryd 30-26 gewen.

Related Articles

Back to top button