School sportSport

HOEDSPRUIT: Riepie-rugbyweek reuse sukses

"Hierdie mans se dissipline is uitnemend en dit was ’n uitstekende voorbeeld vir ons seuns."

Laerskool Mariepskop is baie dankbaar dat hul rugbyweek so suksesvol afgeloop het.

Altesame 254 seuns van 7 besoekende skole het hoë gehalte ontwikkeling en blootstelling gekry.

Jimmy Stonehouse, die afrigter van die Pumas het internasionale rugby ervaring.

Hy het op skolevlak begin afrig by Ellisras en word later die direkteur van rugby by Waterkloof Hoërskool.

Van skolerugby skuif hy na provinsiale rugby en later internasionaal in Japan.

Jimmy het ’n span van 46 spelers saamgebring om te help met die ontwikkelingsweek.

Die span as hulle praktyk om te skrum.

Dit beteken dat daar ongeveer 5 kinders per afrigter was gedurende die sessies.

Die jongseuns was uiters beïndruk met die groot sterk rugbymanne wat die hele week op die skoolterrein rondbeweeg het.

Die Pumas het saam met die seuns in die koshuis geslaap en daar was daaglikse interaksie tussen die professionele spelers en die laerskool seuns.

Hierdie mans se dissipline is uitnemend en dit was ’n uitstekende voorbeeld vir ons seuns.

READ: HOEDSPRUIT: Riepies toon staal tydens byeenkoms

Die Pumas het moeite gedoen om tot op die seuns se vlak te daal en die waarde toevoeging was onmeetbaar.

Op elke vlak is vaardighede verbeter.

Die besoekende skole was beïndruk, hulle het almal aangedui dat hierdie een van die beste weke ooit was en dat hulle dit verseker weer volgende jaar sal bywoon, volgens Mariepskop.

Die Riepies bedank graag rugbyorganiseerder, Neels de Kock, en sy bekwame span wat hierdie week georganiseer het.

Related Articles

Back to top button