School sportSport

Franco aangewys as toerspan kaptein

'n Kaptein om na op te kyk, dit is Vossie, Franco Brooderyk.

Gedurende die Maart vakansie het die Hoërskool Ben Vorster se Inyathi’s (2de span) deelgeneem aan ‘n rugbytoernooi te Grootvlei Sport Academy Pretoria waar hulle meegeding het teen ander skole se 1ste spanne.

Na afloop van die toernooi is daar ‘n span aangewys wat gedurende die Oktober-vakansie na Engeland en Skotland gaan toer.

Dié span het op 15 en 16 September ‘n oefenkamp te Pretoria gehad waartydens Franco Broodryk amptelik aangewys is as die kaptein van dié toerspan.

Franco was gedurende die 2018-seisoen die Inyathi’s se binne-senter en kaptein en het die span met uitstekende dissipline en voorbeeld gelei na ‘n 2de plek in die Virseker Beker liga.

Franco is ‘n kaptein na wie die spelers opkyk en groot respek voor het – ‘n kaptein met briljante leiereienskappe, goeie sportmanskap en uitstekende maniere.

Hy is ‘n graad 11-leerder en daar word verwag dat Franco nog groot hoogtes in sy rugbyloopbaan sal bereik.

Baie geluk Franco – voorwaar ‘n speler waarop die Vossies trots is!

Related Articles

Back to top button