Larrie krieket op dreef

Wat dié wen nog meer van ‘n prestasie maak is dat die Larries al hul wedstryde teen 0/11 spanne gespeel het!

Die Larries se 0/10 en o/11 krieketspanne het die eerste week van die Junie/Julie skool vakansie aan ‘n krieketweek by Camp Discovery deelgeneem ter voorbereiding van die plaaslike skole krieketseisoen.

Die 0/10’s speel vier wedstryde . Teen LS CR Swart teken Tzaneen 87 lopies aan, almal uit. CR Swart teken 88/7 aan en wen die wedstryd met vierpaaltjies. In die tweede wedstryd kom hul te staan teen LS Thabazimbi. Tzaneen teken 130/5 aan en haal Thabazimbi uit vir 74.

Die Larries wen dus met 56 lopies. Wat dié wen nog meer van ‘n prestasie maak is dat die Larries al hul wedstryde teen 0/11 spanne gespeel het!

Volgende speel Larries teen LS Reinfeld, lg. teken 129/9 aan. Tzaneen kon net 29 lopies aanteken voordat almal uitgehaal is. Reinfeld wen met 100 lopies.

In die laaste wedstryd speel Larries teen LS Kragbron. Tzaneen teken 121 lopies aan, almal uit. Kragbron teken 122/2 aan Tzaneen verloor dus met 9 paaltjies. Die 0/11 span speel vyf wedstryde waarvan hul drie wen en twee verloor.

In die eerste wedstryd teen Umfuleni 1 teken die Larries 100/2 aan.

Umfuleni kon daarin slag om net 95 lopies aanteken voordat hul almal uitgehaal is. Die Larries wen met 8 paaltjies. In die tweede wedstryd kom hulle te staan teen Umfuleni 2. Die Larries teken 118/7 aan en die teenstaanders 105/6.

Tzaneen wen met 13 lopies. In die wedstryd teen LS Reinfeld teken Tzaneen 52 lopies aan en Reinfeld 54/3.

Reinfeld wen die wedstryd met 7 paaltjies. Die groot wedstryd van die week vind plaas teen LS Wierdapark, en in hul kolfbeurt teken hul 163/6 aan en Tzaneen 164/5. Die Larries wen met 5 paaltjies.

In die laaste wedstryd teen LS Kragbron teken Kragbron 129/3 aan en die Larries kon net antwoord met 94/7. Kragbron wen met 35 lopies.

Exit mobile version