8 uit 9 vir Vossie netbal-spanne

Die verdedigers, Nielia Blignaut en Dora Maloba, het dit vir die doele van Frikkie Meyer baie moeilik gemaak om enigsins in die sirkel te kan beweeg.

Die Hoërskool Ben Vorster het Saterdag, 3 Maart kragte teen Hoërskool Frikkie Meyer gemeet en hul het agt uit die nege wedstryde gewen.

Die uitslae was as volg: O/14A-span het baie mooi gespeel en hulle teenstanders met 29-18 getroef terwyl die O/14B-span ook gewys het hoeveel diepte in hierdie groep is en met 28-12 geseëvier.

O15A-span het gesukkel om die oorhand te kry, maar tog die knoop deurgehaak en met 19-12 gewen.

Die O/15B-span het koning gekraai met 16-13.

O/16A-span het goeie netbal opgedis en soos ‘n geoliede masjien gespeel.

Hul wentelling was 21-10.

Die verdedigers, Nielia Blignaut en Dora Maloba, het dit vir die doele van Frikkie Meyer baie moeilik gemaak om enigsins in die sirkel te kan beweeg.

Die O/16B-span het geen teenkanting gehad nie en het met ‘n telling van 27-3 van die baan gestap.

O/17A-span het van meet af die krane oopgedraai en die doele een na die ander ingeryg om met ‘n sege van 31-8 klaar te maak.

Die 2de-span het egter die knie net net gebuig teen die span van Frikkie Meyer en 16-18 verloor.

Die Vossies se NTT-Toyota 1ste span het tydens die eerste kwart bietjie gesukkel, maar vanaf die 2de kwart mekaar gevind en akkurate bewegings uitgevoer.

Die doel van die Vossies, Lati Mokoro, het met haar akkurate doelwerk die Vossies gou laat asem haal.

Die verdedigers, Nielia Blignaut en Dora Maloba, het dit vir die doele van Frikkie Meyer baie moeilik gemaak om enigsins in die sirkel te kan beweeg.

Die Vossies het met ‘n telling van 37-19 gewen.

Baie geluk aan die afrigters en spelers!

Sterkte met die komende naweek se kragmeting teen Klerksdorp wat veel sterker teenkanting behoort te wees.

Exit mobile version