Plasie swemmers kwalifiseer vir SA’s

Drie Plasie-swemmers het kawlifiserende tye geswem wat laat hulle aan die Suid-Afrikaanse Vlakke Kampioenskap deelneem.

Ten spyte van ysige weer het drie swemmers van Hoërskool Merensky op Saterdag, 14 Oktober, deelgeneem aan die vierde ouderdoms groep swemgala by die Tzaneen munisipale swembad.

Daniel Smit swem reeds op nasionale vlak en het tydens hierdie gala aan die 200m rugslag en -vryslag en 1 500m vryslag items deelgeneem.

Daniel Smit, Hoërskool Merensky, en Ockert Schoeman, Laerskool Tzaneen.

Hy het sy persoonlike tyd in die 200m rugslag verbeter. Kayla Olivier het met haar 50m borsen rugslag items gekwalifiseer vir Vlak 2.

Ronan Theron het met sy 50m vlinderslag gekwalifiseer vir Vlak 2. Hy het ook die 50m borsslag trotseer.

Swemmers kry tydens hierdie galas geleentheid om kwalifiserende tye te swem en daarmee deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Vlakke Kampioenskap en Nasionale Jeug kampioenskap vroeg in 2018.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version