Kian Loughor-Clarke, Shaahil Shaikh, Kieran Albertus, Mistry Khushi, Juan Smalle en Gerhardus Fourie het Merensky by hierdie leersame geleentheid verteenwoordig.
Behalwe vir werk in die nette, is elke bouler se spoed ook getoets om die top 10 hoërskool snelboulers te bepaal.
Gerhardus Fourie, wat tans vir die Plasies se o.15-span uitdraf, het merkwaardig presteer deur bekroon te word as die vinnigste hoërskool snelbouler in Limpopo. Hy het ‘n allemintige 135km per uur aangeteken.
“I can not imagine when that kid is 18 years old, what he’s going to do,” aldus Ngam.
Fourie sal eersdaags in die Kaap teen ander provinsies se snelboulers meeding om te bepaal wie die vinnigste in Suid-Afrika is.
You can read the full story on our App. Download it here.