Die Vossies se O/17-netbalspan, wat hulle 2016-titel teen die land se sterkste netbalskole verdedig het, was onstuitbaar en het netbal uit die boonste rakke gespeel. In hulle poelwedstryde het hulle met die volgende skole afgereken:
Hoërskool Kempton 2 (33-15), Hoërskool Garsfontein (19-18), Hoërskool Riebeeckrand (33-27), Hoërskool Lydenbrg (29-14), Hoërskool Diamantveld (19-14), Hoërskool Voortrekker (34-29), Hoërskool Merensky (27-15). Hulle het net een poelwedstryd, (18-25) teen Meisies Oranje van Bloemfontein verloor.
Die Vossies het in die semi-finaal teen HTS-Middelburg gespeel en (25-16) gewen om deur te dring na die finaal waar hulle teen Hoërskool Sentraal gespeel het. Teen voltyd was die telling gelykop en ekstra tyd moes gespeel word. Die Vossies het met hernude energie gespeel en die span van Sentraal met (30-27) geklop.