Die volgende leerders van Laerskool Tzaneen het verskillende sport prestasies behaal.
Drie van Laerskool Tzaneen se krieketspelers het aan die AVS Bokkieweek wat die Oktober vakansie in Pretoria gehou is deelgeneem. Neil van Vuuren, Marais Botha en Ruan Huysamen was deel van die 0/13 Verre Noord span wat besonder goed gevaar het. Die reën het die wedstryde so bietjie gekniehalter maar Verre Noord het daarin geslaag om Stellaland met 60 lopies te wen asook ‘n wen ingepalm teen Oos Transvaal met 8 paaltjies. Hul was die wenners van hul poel en moes in die finaal speel teen Vaaldrie