Editor's choiceSchool sportSport

#Vossies se eerste krieketspan deur na Super Liga finaal

Die Hoërskool Ben Vorster se eerste krieketspan het op 23 September hulle Super Liga semi-finaal teen Hoërskool Phalaborwa met 299 lopies gewen om deur te dring na die finaal, wat op 14 Oktober, teen Hoërskool Pietersburg sal plaasvind.

Die Vossies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

‘n Vennootskap van 145 lopies om die 1ste paaltjie tussen Vernon Harms en Emile Kruger het ‘n stewige begin vir die “Black Caps” verseker.

Phalaborwa se boulers het swaar geleef en Ben Vorster teken 375/3 in hul 50 boulbeurte aan.

Emile Kruger het sy eerste honderdtal aangeteken en behaal 121 van 107 balle. Franco Oberholzer het ook ‘n honderdtal behaal en teken 100 ,nie uit nie, van 92 balle aan.

Hulle is goed deur Vernon Harms (52), Johan Harms (29) en Atwell Mokgoloboto (28), nie uit nie, ondersteun.

Na ete was dit Phalaborwa se beurt voor die paaltjies.

Die Vossie-boulers het vinnig, met die telling op 8 lopies vir 5 paaltjies, met hul afgereken en Phalaborwa almal uitgeboul vir 76 lopies.

Johan Harms het 4 paaltjies vir 14 lopies in 4 beurte geneem en Atwell Mokgoloboto het 4 paaltjies vir 25 lopies in 6 beurte laat kantel.

Die O/15A-krieketspan, wat ook teen Hoërskool Phalaborwa gespeel het, het hul uitstekend van hul taak gekwyt en die Super Liga wedstryd met 104 lopies gewen.

Damian Viljoen het goed met die kolf gevaar en 87 lopies aangeteken.

Phalaborwa is almal uitgeboul vir 65 lopies. Johndé Grobler het uitstekend geboul en 5 paaltjies vir 7 lopies in 5 beurte geneem. Hy is goed ondersteun deur Sakkie Vermeulen, wat 3 paaltjies vir 9 lopies in 5 boulbeurte geneem het.

Related Articles

Back to top button