School sportSport

Larries in die Limpopo semi en finale wedstryde

Drie van Laerskool Tzaneen se hokkiespanne, Oop A Seuns en meisies en die 0/11B meisies moes die afgelope Saterdag aan die kwart finale wedstryde gaan deelneem om sodoende deur te dring na die semi- en finale wedstryde.

Al drie spanne het ware durf aan die dag gelê.

Die 0/11B meisies speel gelyk 0-0 teen Mitchell’s House en wen teen Euforbia 2-0.

Die meisies Oop A wen 2-0 teen Louis Trichardt en wen 4-0 teen Bosveld van Ellisras.

Die Oop A seuns span van Laerskool Tzaneen.

Die Seuns Oop A wen 2-1 teen Groblersdal Academy en wen 2-1 teen Louis Trichardt.

Op 16 September gaan ses van Laerskool Tzaneen se spanne aan die semi- en finale wedstryde deelneem te Polokwane.

Related Articles

Back to top button