Larries krieketspan wen teen Pietersburg Oos

In hul eerste ligawedstryd van die seisoen het Laerskool Tzaneen se eerstespan die balle behoorlik geklits en 'n telling van 208 aangeteken in hul toegelate 30 boulbeurte.

Op 8 Augustus het die Larries se eerste krieket ligawedstryd van die 2017 seisoen plaasgevind op die velde van LS Pietersburg Oos.

Die Larries moes in die Julie vakansie tydens die Super 12 reeks die knie buig teen Oosskool, waar hul met een lopie verloor het.

Ruben Vosloo het vas gestaan, bal na bal, en sy 50-tal aangeteken van 49 balle. Maynard Kleynhans het ingekom op nommer 4 en 52 lopies geslaan van 30 balle.

Die Larries stuur Oosskool in om 209 aanteteken.

Lees ook: Larries speel kookwater krieket

Elandri Janse van Rensburg het baie ekonomies geboul en net drie lopies afgestaan in haar eerste drie boulbeurte.

Tebogo Mkhomazi het egter die eerste paaltjie van die dag gevat en Oosies se openings kolwer uitgehardloop van ‘n ingooi na die paaltjies toe van Letago Sekokotla.

Marais Botha het met ‘n direkte ingooi op die paaltjies van Oosies se nr 4 kolwer ontslae geraak.

Daarna het Marais ook met sy spinballe van nog drie kolwers ontslae geraak. Maynard Kleynhans het ook fantasties geboul en drie paaltjies gevat en net 23 lopies afgestaan.

Die span wen die wedstryd met 114 lopies nadat Oosies almal uitgehaal is vir 94 lopies in die 14de boulbeurt.

Die volgende wedstryde is teen Pietersburg Suid en Louis Trichardt.

Exit mobile version